Gordhan glo vlieg in die salf by EskomOctober 10, 2023
‘n Energie-ontleder, Mthunzi Luthuli, meen Eskom verkeer in ‘n krisis en benodig dringend ‘n gevoel van bestendigheid ná sy raadsvoorsitter, Mpho Makwanana, bedank het ná slegs ‘n jaar. Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, sê Makwanana se ampstermyn eindig hierdie maand. Luthuli het aan Newzroom Afrika gesê Gordhan se weiering om die aanstelling van ‘n nuwe uitvoerende hoof goed te keur is een van die faktore wat bydra tot die huidige stand van sake.