GOOD vra vir BIG in begroting môre
Terwyl Namibiërs hoop dat die middeltermyn begroting wel vanmiddag gelewer word vra die GOOD-party die buurland se finansminister, Enoch Godongwana, om sy verbintenis tot die regering van nasionale eenheid se doelwitte te bewys en voorkeur te gee aan inklusiewe ekonomiese groei wanneer hy môre sy minibegroting lewer. GOOD wil hê die Maatskaplike Hulpverlenigings-toelaag moet omskep word in ‘n basiese inkomste-toelaag om groeiende armoede en lewenskoste teen te werk.