GOOD sê BIG is nodig met 8 miljoen werkloses in SA
Die GOOD-party sê alhoewel die verbetering in Suid-Afrika se werkloosheidsyfer gevier moet word, is dit steeds te hoog. Die syfer het in die derde kwartaal vanjaar effens afgeneem met 1,4-persent tot 32,1-persent. Agt-miljoen landsburgers is steeds werkloos. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die regering moet ʼn basiese inkomste-toelaag instel: