Good Party wil basiese inkomstetoelaag hê

Die Good Party sê die voortslepende hoë werkloosheidsyfer wys miljoene Suid-Afrikaners sal nog jare lank in armoede vasgevang wees. Die land se werkloosheidsyfer het die eerste drie maande van die jaar tot 32,9-persent gestyg. Brett Herron van die Good Party sê die land het ‘n ekonomie nodig wat kan werk skep, maar intussen moet die maatskaplike sekerheidstelsel in geheel hersien word. Die eerste stap moet volgens hom die instelling van ‘n basiese inkomstetoelaag wees: