GOOD Party gaan hom toespits op werkloosheid, ekonomie
Die GOOD Party sê hy sal hom in die komende verkiesing op ekonomiese-, maatskaplike-, ruimtelike- en omgewingsgeregtigheid toespits. Die party stel sy verkiesingsmanifes op 16 Maart in Johannesburg bekend. Die partyleier, Patricia de Lille, sê hulle sal die party se visie en plan vir oplossings vir die driedubbelle krisis van armoede, werkloosheid en lae ekonomiese groei aankondig.