GOOD kap opheffing van R370 hulptoelaag

Die GOOD-party sê finansminister Enoch Godongwana se besluit om die Maatskaplike Verligtingshulptoelaag van 370 Suid-Afrikaanse rand per maand volgende jaar op te skort, ondanks die voorspelde groei in die ekonomie wat te stadig is om werk te skep, is ‘n klap in die gesig van miljoene Suid-Afrikaners wat nie gekies het om arm te wees nie. Die sekretaris-generaal van die party, Brett Herron, sê volgens die staat se eie berekening is die bedrag wat nodig is om ‘n volwassene te voed, bekend as die voedsel-armoede-drempel, 796-rand per maand.