GOOD het kommer oor NSFAS en SASSA

Die GOOD Party sê hy is bekommerd oor toenemende berigte van probleme met betalings deur die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid en die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. ‘n Stelselfout by die Posbank het verlede week duisende ontvangers verhoed om toegang tot geld te kry terwyl die hulpskema gekritiseer word oor sy nuwe stelsel van regstreekse betalings. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê tot op hede het die hulpskema 170 683 finansiële en akademiese klagtes ontvang van studente wie se befondsing gestaak of aansoeke verwerp is: