‘Goldrot’: Zim-reserwebank wil bates bevries

Die Reserwebank van Zimbabwe is van voorneme om deur middel van sy Finansiële Intelligensie-eenheid vermoedelik onwettige rykdom van die nou omstrede profeet Uebert Angel en goudhandelaar Ewan Macmillan, Angel se vennoot, te bevries. Angel is regte naam is Uebert Mudzanire. Die bank het die stap aangekondig net voor die uitsaai van ‘n Al Jazeera-dokumentêr oor onwettige handel, smokkelary en geldwassery in Zimbabwe. Die onthulling impliseer die land se reserwebank sowel as senior regeringsamptenare in die onwettige swartmarkhandel van goud. Mudzanire is ‘n ambassadeur wat deur President Emmerson Mnangagwe aangestel is maar, is ook ‘n sogenaamde profeet. Hy het onderneem om 5 miljoen Amerikaanse dollar in goud weekliks onwettig uit te voer.