Goldie Hawn sê maskers is skadelik vir kinders

Goldie Hawn, 76, bestuur die nie-winsgewende organisasie MindUp in die VSA, wat aandag skenk aan die geestesgesondheid van kinders. Volgens Hawn, het die pandemie, en die Covid-regulasies, wat die verpligte dra van gesigmaskers insluit, ‘n negatiewe uitwerking op kinders. Hawn het veral die dra van maskers uitgelig as skadelik vir die welstand van kinders. In haar mening is daar ‘n pandemie van geestesversteuring wat op die oomblik woed, en sy sê kinders sal nog vir baie jare uitdagings in die verband hê.