Goeie vordering met abattoirs, slagpale in noordelike streke

Tydens die deurlopende toesigbesoeke deur die parlementêre Staande Komitee vir Ekonomie en Publieke Administrasie in die Noordelike Kommunale Gebiede, het dit aan die lig gekom dat vier abattoirs en slagplase aandag verg om uitdagings wat boere in die gesig staar, te verlig. Die besoeke spruit uit ‘n petisie wat die Nasionale Vergadering in 2022 ontvang het, oor boere se kommer oor beperkte bemarkingsgeleenthede vir hul vee tydens die droogte. Die het inligting verskaf oor die Oshakati- en Outapi-abattoirs, terwyl die Europese Unie die opgradering van die bestaande slagplaas in Opuwo gefinansier het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Simon Nghipandulwa, die landbouministerie se woordvoerder, wat meer deel.

Die landbouministerie werk deur sy lewendehawe ondersteuningsprogram daaraan om die uitdagings in die sektor aan te spreek. Dit sluit pogings in om die Omutambo wo Mawe-kwarantynkamp in die Omusati-streek te laat herleef, wat nie in werking was sedert Meatco dit in 2015 gesluit het nie.