Goeie vooruitsigte vir SA-landbou

Terwyl die huidige oorlog tussen Rusland en Oekraïne landbouhandel kan beïnvloed, kan Suid-Afrika se landbousektor in die medium- tot langtermyn groei. Dít is die mening van die hoofekonoom van die Landboubemarkingsraad, Sifiso Ntombela. Hy sê die uitbreiding sal egter slegs plaasvind indien die regering sy belegging in opkomende boere verhoog en groei in snelgroeiende uitvoersektore aanmoedig. Landbou-uitvoere het in 2020 gemiddeld 156 miljard Suid-Afrikaanse rand beloop, en in 2021 188 miljard rand. Ntombela sê reuse-geleenthede bestaan oor die volgende dekade wat vrugte, neute, sojabone, katoen en bokhaar betref.