Goeie neerslae veral in westelike noorde, en sentrale gebiede

Groot dele van die land het uitstekende reënval ervaar. Terwyl daar nog nie amptelike syfers is nie en dit nie bekend is of enige damme moontlik water ingeneem het nie, het veral die dorre verre noordweste en dele van die verre Suide, baie goeie neerslae gehad. Vanaf Uis tot Windhoek, en tot by die Visrivier-canyon is syfers van tussen 20 tot 90mm op sosiale media gerapporteer. Terwyl die stelsel begin wegbeweeg word daar weer reën vandag in die noordweste en sentrale gebiede verwag.