Goeie neerslae bring landswyd verligting
Onbevestigde berigte lui dat die Hardapdam tot 7 persent invloei oor die naweek ontvang het nadat gure reën in sy opvangsgebied voorgekom het. Indien wel, is daar reuse-verligting onder groenskema-produsente om die dam wat verwag het dat besproeiing enige tyd opgeskort kon word omdat die dam op net meer as 11 persent van kapasiteit was ‘n week gelede. NamWater se jongste dambulletin word vandag verwag. Intussen berig AgriForum dat die dam wat Karasburg van water voorsien en die afgelope maande kurkdroog was, oorgeloop het wat ‘n einde aan waterrantsoenering vir die dorpenaars gebring. In die mieliedriehoek het tot 90 mm uitgesak en selfs die Etoshapan het water gekry.