Goeie groei vir Namibië deur Wêreldbank voorspel

Volgens die Wêreldbank sal globale groei vanjaar sowat 2,6 persent bereik en 2,7 persent in 2025 en 2026. Die bank sê ook ontwikkelende ekonomieë sal met 4 persent groei, ietwat laer as in 2023. Daarteenoor sal lae-inkomste ekonomieë na verwagting teen 5 persent groei. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, gesels oor die Wêreldbank se voorspelling vir Namibië.