Goeie ding dat vereistes vir gr 1-3 poste aangepas is

Die onderwysministerie gaan die voorvereistes hersien vir pre-primêre en graad 1 tot 3 onderwysposte, en al die poste is opgeskort. Die adjunk uitvoerende direkteur van die ministerie, Edda Bohn, sê die vraag en aanbod het verander. Daar is kommer dat die hersiening reeds gekwalifiseerde onderwysers nadelig gaan beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dorothea Nangolo van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, wat in haar persoonlike hoedanigheid gepraat het. Sy sê dit is ‘n goeie ding.