Goeie buitelandse reserwes kan dalk lei tot kleiner repokoers verhogings

IJG Sekuriteite sê die privaatsektor se kredietverlening in April is die laagste syfers wat in 14 maande aangeteken is. Die kumulatiewe kredietuitreiking vir die afgelope 12 maande het in April 2,79 miljard Namibiese dollar bereik, wat die laagste vlak vanjaar is. Die opname van krediet sal nie verbeter nie en die makelaarsfirma meen dat ondernemings meer huiwerig is om geld te leen onder die huidige toestande, waar beide ekonomiese aktiwiteit en rentekoerse ongunstig is. IJG sê verder dat ‘n verbetering in buitelandse reserwes kan ‘n geleentheid bied vir die Bank van Namibië om op ‘n minder aggressiewe koersverhogingsiklus te bly in vergelyking met Suid-Afrika. Die sentrale bank maak die jongste repokoers op die 14 van die maand bekend.