Goedkoper mieliemeel nou beskikbaar op Ongwediva

Die voormalige Namibiese gesondheidsminister, dr. Richard Kamwi, het die Vuche Vuche-pakhuis vir gesifte wit mieliemeel op Kandjenedi naby Ongwediva in die Oshana-streek oopgemaak om bekostigbare mieliemeel aan gemeenskappe te verskaf. Tot dusver is 240 ton mieliemeel verkoop en 60 ton is steeds by die pakhuis beskikbaar. Dr. Kamwi sê die doel is om bekostigbare mieliemeel landwyd beskikbaar te maak en hopelik in die toekoms na Angola uit te voer.