Godzilla x Kong maak groot geld

Die fliek, Godzilla x Kong: The New Empire, is tans die derde-grootste geldmaker van die jaar. Die fliek van Warner Brothers en Legendary Entertainment het drie dae ná sy vrystelling wêreldwyd sowat 3,7-miljard Namibiese dollar ingeoes. Die regisseur is Adam Wingard, en Rebecca Hall, Brian Tyree Henry en Dan Stevens is in die hoofrolle. Dune: Part Two is steeds die grootste geldmaker van die jaar, gevolg deur Kung Fu Panda 4. Godzilla x Kong se vervaardiger, Mary Parent, sê hulle wou iets hoogs-vermaaklik aan gehore bied.