Gobabis munisipaliteit bekommerd oor watertoevoer

Volgens NamWater se laaste dam bulletin, is die Ooste se totale waterbronne op 1,5 persent met die Otjiverodam op 2,6 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 2,7 en 0,5 persent. Tensy dit begin reën, kan die streek se damme heeltemal opdroog. Die Gobabis munisipaliteit het al op 8 April begin met water rantsoenering, met watertoevoer wat saans vanaf 9 uur tot 4 uur die volgende oggend afgesluit word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die skakelbeampte van die Gobabis-dorpsraad, Frederick Ueitele, oor die dorp se planne om watertoevoer te verseker. Hy sê die situasie wek kommer.