Gobabis is keelvol vir August 26

Die inwoners van Gobabis kla bitterlik oor die August 26 konstruksiemaatskappy. Hulle sê August 26 het ‘n tender gekry om by agt skole in die Omaheke-streek nuwe ablusiegeriewe te bou. Die maatskappy het egter nie plaaslike werkers in diens geneem nie, maar het 50 tot 60 mense ingebring om die werk te doen. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met hoofman Wallace Finnies, ‘n inwoner van die Nossobville-omgewing in Gobabis, wat ‘n beroep op Omaheke-goewerneur Pijoo Nganate doen om alle werk wat August 26 in die streek doen, op te skort.