Gobabis-damme is 9,7% vol

Damme wat Windhoek van water voorsien, is tans gesamentlik 38,5 persent vol teenoor verlede jaar se 62,6 persent. Die Swakoppoortdam se vlak staan op 72,9 persent teenoor verlede jaar se 93,7 persent. Von Bachdam is nou slegs 27 teenoor verlede jaar dieselfde tydperk se vlak van 51,8 persent vol. Gobabis se damme is tans slegs 9,7 persent vol. In die Suide het die Hardapdam ‘n verlies van 1,55 7miljoen kubieke meter water gehad met sy vlak nou op 39,1 persent. Verlede jaar hierdie tyd was die Hardapdam 71 persent vol. Die Nautedam was verlede jaar oorvol op 107 persent, met sy vlak wat nou op 65 persent staan.