Go-kart renjaers vaar goed by Open Africa Cup kampioenskap
Die eerste been van die Open Africa Cup go-kart kampioenskap het oor die naweek in Johannesburg plaasgevind. Vier Namibiese jaers, Cecil Koortze junior, JP du Plooy, Darius Kotze en Khristopher Koudelka het gejaag, en goed gevaar ten spyte van die versengende hitte. Vyftien lande het aan die kampioenskap deelgeneem. Namibië sal later vanjaar een van die bene van die kampioenskap aanbied. Francois Lottering van Kosmos 94.1 Sportnuus het meer inligting.