GNU werk vir ekonomiese groei 

ANC-president Cyril Ramaphosa sê die ANC-geleide regering van nasionale eenheid gaan oor werkskepping, ekonomiese groei en die stryd teen misdaad in gemeenskappe. Hy het gisteraand in Gauteng ʼn omvattende opsomming gegee van die eerste 100 dae nadat die regering van nasionale eenheid gevorm is. Ramaphosa sê die ANC sal onder die koalisieregering voortgaan om die hervorming van Suid-Afrika te lei: