GNU bemagtig Suid-Afrikaners – Sachs

Die menseregte-aktivis en regter Albie Sachs sê die regering van nasionale eenheid bemagtig Suid-Afrikaners. Sachs sê dit is van deurslaggewende belang om die Grondwet behoorlik te implementeer. Hy sê hy bly ongelukkig oor die probleme waarmee die land te doen het en hoe die meerderheid van Suid-Afrikaners steeds leef. Sachs sê die Grondwet is die hoeksteen van Suid-Afrika se demokrasie: