Globale Suide dryf goudprys aan

Goudpryse het Vrydag met 0,9 persent teruggesak tot sowat 2 648 Amerikaanse dollar per ons nadat dit ‘n rekordhoogtepunt van 2 672 dollar in die vorige sessie bereik het. Die geel metaal het opeenvolgende rekordhoogtes beleef, en ongeveer 1,6 persent in die week gestyg. Dit is tans net bo 2 656 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, oor die goudprys se bewegings. Hy verduidelik.