Glenn Maxwell weens alkohol-verwante voorval ondersoek

Krieket: Die Australiese veelsydige speler, Glenn Maxwell, word ondersoek nadat hy beseer is tydens ʼn alkohol-verwante voorval. Hy was volgens berigte by ʼn konsert in Adelaide toe ʼn ambulans ontbied is en was ʼn kort tydjie in die hospitaal. Maxwell was in die stad vir ʼn gholftoernooi vir bekendes. Krieket Australië ontken die voorval is die rede waarom hy weggelaat is uit die nasionale eendag-groep vir ʼn reeks van drie wedstryde teen die Windies en sê die besluit het te doen met sy individuele bestuursplan. Maxwell sal na verwagting terugkeer vir die T20-reeks.