Glansafsluiting vir die Spele

Die afsluitingseremonie van die Olimpiese Spele in Parys het iets van alles gehad – tot Tom Cruise wat die gehore met ʼn paar heldhaftige toertjies betower het. Die ster van Mission: Impossible geklee in ʼn leerbaadjie en -handskoene, het met ʼn tou van die Stade de France se dak afgesak. Billie Eilish, Snoop Dogg en die Red Hot Chili Peppers het opgetree. H.E.R. het die Amerikaanse volkslied gesing om die Spele aan Los Angeles te oorhandig waar dit in 2028 sal plaasvind. Die kunsregisseur Thomas Jolly en uitvoerende regisseur, Thierry Reboul, het die seremonie beplan.