Giwusa vra oudit van openbare skuld

Die vakbond vir algemene nywerhede, Giwusa, sê ‘n omvattende skuldoudit is noodsaaklik te midde van stygende openbare skuldvlakke. Die vakbond kritiseer die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se fokus op die gereelde terugbetaling van skuld, eerder as om openbare dienste te verbeter, wat streng besparingsmaatreëls veroorsaak het. Koketso Phasha van Giwusa bepleit die verhoging van korporatiewe belastingkoerse om die skuldlas te help verlaag en voldoende befondsing vir staatsdienste te verseker.