Giwusa verwerp veranderings aan Arbeidsverhoudingwet

Die nywerheidsvakbond Giwusa verwerp die voorgestelde veranderings aan die Wet op Arbeidsverhoudinge. Giwusa-woordvoerder, Koketso Phasha, sê werkgewers en die regering maak voorstelle wat neerkom op ʼn aanval op die regte van werkers waarvoor hard baklei is. Hy sê die hoofdoelwit van hierdie voorgestelde wysigings is om werkersregte te vernietig en spanning te skep tussen die werklose jeug en werkers wat ʼn salaris verdien.