GIPF, waar’s die geld?

Dit is nou meer as ‘n jaar wat plaaslike media berig het oor 18 miljoen Namibiese dollar wat na bewering verlore geraak het van die Staatsinstellings Pensioenfonds. Volgens berigte was vals bank konfirmasie briewe gebruik om die geld na sekere rekeninge oor te plaas. ‘n Voorlopige ondersoek deur die fonds het verlede jaar bevind dat 17.7 miljoen dollar oorbetaal was in 46 bankrekeninge. Onlangs was die fonds weer in die nuus nadat 119 000 dollar verlore gegaan het en werkers tydelik geskors was. Kosmos 94.1 Nuus het met Roberto Dirkse, die woordvoerder van die PDM, gepraat wat sê die groter probleem is dat die staatswerkers hulle geld toevertrou het aan die fonds.