Giovanni Guidi Jazz Trio kom vier Internasionale Jazzdag
Die Italiaanse Kultuurinstituut in Pretoria, saam met die Italiaanse Ambassade in Suid-Afrika, sal ‘n vertoning deur die Giovanni Guidi Jazz Trio aanbied, as deel van hul Afrika-toer en ter viering van Internasionale Jazzdag. Hierdie onvergeetlike reis deur musiek en erfenis vind môreaand by die Nasionale Teater van Namibië in die hoofstad plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die Nasionale Teater se skakelbeampte, Desiree Mentor, gesels wat ‘n uiteensetting gee van wat die gehoor kan verwag.