Gift of the Givers help Malawi ná Freddy

Terwyl Malawiërs treur oor honderde mense wat dood is nadat sikloon Freddy hulle land getref het, het Gift of the Givers ‘n hulppakket van vyf miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die land aangekondig. Die stigter van die organisasie, Imtiaz Sooliman, sê die jongste beskikbare syfers dui aan dat minstens 324 mense gesterf het, byna 800 is beseer is, sowat 200 word vermis en byna 502 000 is geraak. Sooliman sê duisende huise, paaie, skole, infrastruktuur en landbougrond is beskadig of vernietig.