Gewysigde hervestigingsbeleid by NV ingedien

Die grondhervorming-ministerie het sy streeks-raadplegende vergaderings oor die hersiening van die hervestigingsbeleid se kriteria op 24 November 2023 voltooi. Die hersiene hervestigingsbeleid is vandag deur die landbouminister, Calle Schlettwein, in die Nasionale Vergadering ingedien. Dit sal na verwagting die beleid vervang wat vanaf 2001 in plek was, nadat dit in die parlement gedebatteer is. Schlettwein verduidelik ietwat van die beleid.

Volgens Schlettwein word beplan om die nuwe beleid in April vanjaar in werking te stel.