Gewelddadige protes in Soedan lei to beserings

Honderde Soedannese het opgeruk na die presidensiële paleis in protes teen die weermag se oorname van die regering op 25 Oktober vanjaar. Hulle is met geweld deur sekuriteitsmagte begroet en talle is beseer. Maar, die protesgangers het besluit om by die hekke van die paleis te bly en is volgens nuusagentskappe herhaaldelik gebombardeer met traangas. Dit is die negende groot optog teen die weermag se beheer van die land. In 2018 het protesaksie suksesvol die outokraat Omar al-Bashir uit die kussings gelig. Sedertdien is die land regeer deur verkose leiers in samewerking met die weermag, tot 25 Oktober vanjaar toe die weermag die regering omver gewerp het en oorgeneem het.