Gewelddadige inbraak op Outjo
Berigte uit Outjo lui dat daar in die vroeë oggendure by die woning van die eienaar van ‘n kontantlenings-maatskappy ingebreek is. Die drie gewapende mans het die diefwering geknip en so toegang tot die huis gekry. Juwele, ‘n skootrekenaar, ‘n pistool, selfoon en rondom 400 000 Namibiese dollar in kontant is gesteel. Die vrou is na bewering vasgebind en erg aangerand. Een van die diewe het op haar gesit terwyl die ander twee die diefstal uitgevoer het. Die polisie en die buurtwag was op die toneel en ‘n dringende ondersoek is gelas.