Gewelddadige dissiplinering in die huis moet end kry

Daar is skokkende statistieke oor kinderverwaarlosing in die Nasionale Vergadering onthul. Verlede jaar is drie gevalle elk dag, of ‘n totaal van 1 173 aangemeld. Daar is ook ‘n gemiddeld van 2,5 kinders elke dag seksueel mishandel, of ‘n totaal van 928 kinders. In beide gevalle is die data net die gevalle wat aangemeld is. ‘n Totaal van 526 kinders is ook verlede jaar fisies mishandel. Reaksie hierop is ontvang van Advokaat Ingrid Husselmann, die voormalige kinderadvokaat by die Kantoor van die Ombudsman.