Gewelddadige betogings in Mosambiek na Frelimo wen

Mosambiek het die week gewelddadig afgesluit met betogings ná die regerende party Frelimo se herverkiesing ná 49 jaar aan bewind. Betogers sê hulle stemme is gesteel deur ‘n korrupte verkiesingskommissie. Frelimo se oorwinning is Donderdag aangekondig en kandidaat Daniel Chapo het 71 persent van die stemme op hom verening. Oproeriges het bande aan die brand gesteek en paaie in Maputo versper. Sommige het ook onlustepolisie met klippe bestook. Traangas is afgevuur om hulle uiteen te jaag.