Geweldadige onluste vlam weer op in Engeland

‘n Polisiekantoor is aan die brand gesteek en beamptes is met voorwerpe bestook toe ‘n betoging in Sunderland ontaard het in ‘n nag van “misdadige boewery”. Agt mense is in hegtenis geneem vir ‘n reeks oortredings, waaronder geweldadige oproer en diefstal. Die onluste het blykbaar uitgebreek in reaksie op die Southport-mesaanvalle, waarin drie jong meisies dood is. Die polisie in Liverpool moes ook gisternag spanning ontlont toe groepe betogers buite ‘n moskee saamgedrom het. Die owerhede vrees onluste kan die naweek voortduur.