Geweld en seksuele teistering teen vroue by die werkplek moet stop
Die Namibiese adjunk-arbeidskommissaris Kyllikki Sihlahla het vandag tydens die viering van Internasionale Vrouedag gesê vroue is die pilaar van enige samelewing. Die tema vir vanjaar se Vrouedag is “Die tyd is nou om teen geweld en seksuele teistering by die werkplek te veg”. Sihlahla was die gasspreker by die Nasionale Unie van Namibiese Werkers se vakbondkantoor in die hoofstad en sê geweld en seksuele teistering teen vroue by hul werkplekke moet uitgewis word. Kosmos 94.1 Nuus het met geslags-aktivis Ngamane Karuaihe-Upi gepraat om uit te vind hoekom dit so moeilik is om vroue as pilare van ons samelewings te aanvaar en te erken.