Geweld by Wes-Kaapse universiteite veroordeel
Die minister van hoër onderwys, wetenskap en innovering, Blade Nzimande, het voorvalle van gewelddadige ontwrigting, brandstigting, opsetlike beskadiging en studente-intimidasie by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie en die Universiteit van die Wes-Kaap ten sterkste veroordeel. Hy sê die regering kan en sal nie ‘n bedreiging van lewens en die vernietiging van eiendom duld nie. Die departement se woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê Nzimande versoek beide universiteite se bestuur om sekerheid te verskerp en die veiligheid van alle studente en werkers te verseker.