Gewapende rowers van Ierse en Britse toeriste nog op vrye voet

Drie vermeende gewapende rowers wat buitelandse toeriste by die Quiver Tree Lodge buite Keetmanshoop aangeval, aangehou en beroof het, is nog nie in hegtenis geneem nie. Die slagoffers is ‘n 39-jarige Ierse man en 37-jarige Britse vrou. Die Ier is twee keer onbekende voorwerp op die linker-oor en -oogbank getref wat ligte beserings veroorsaak het. Die verdagtes het glo drie skote van ‘n afstand afgevuur en gebruikte patroondoppies is op die misdaadtoneel gevind. ‘n Aantal waardevolle persoonlike items is beroof, insluitend hul dokumente soos ‘n vlieënierslisensie, ‘n Ierse paspoort, werkspermit, rybewys, kredietkaarte en kontant in Amerikaanse en Namibiese dollars, euro’s en ponde.