Gewapende rooftogte vir ‘n handvol dollars

Twee gewelddadige rooftogte is oor die naweek aangemeld. Die polisie op Oshakati sê twee gewapende mans het ‘n man in sy slaapkamer oorval, aangerand en skote op hom afgevuur terwyl hy gevlug het. Hulle het weggekom met 300 Namibiese dollar. Een man is in die wegkomvoertuig gearresteer met die ander wat nog soek is. Op Ongwediva is ‘n taxibestuurder met draad vasgebind, met ‘n pistool geslaan en in sy hand met ‘n mes gesteek. Hulle het 700 dollar, die motor se battery en spaarwiel gesteel sowel as die slagoffer se selfoon.