Gewapende roof van bejaardes, polisie soek man met af vinger

Gewapende roof en inbrake by wonings, veral van bejaardes, word al hoe meer algemeen regoor die land. Daar was in die vroeë oggendure vandag ‘n inbraak in Olympia maar, met die vinnige reaksie van G4S en die Stadspolisie is die roof vinnig gestaak. Die rowers het daarin geslaag om te vlug maar tydens die rooftog, het die inwoner van die huis daarin geslaag om een van die rowers se vingers te breek. Paramedikus Fabian Martens van EMA was op die toneel. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.