Gewapende roof tydens Paasdiens veroordeel

Die Moral Regeneration Movement in Noordwes het ‘n rooftog tydens ‘n Paasfeesdiens in Jouberton buite Klerksdorp veroordeel. Gemeentelede is van hul waardevolle besittings beroof nadat vyf onbekende gewapende mans Donderdagaand die kerk binnegestorm het. Die sameroeper van die MRM in Noordwes, Pastoor Lesiba Kgwele, sê sulke opportunistiese misdade wat op kerkbyeenkomste en ander plekke van aanbidding gerig is, bedreig gelowiges se grondwetlike reg op vryheid van byeenkomste.