Gevegte in Sudan moet staak, demokrasie in gedrang
Burgerlike samelewingsgroepe in Sudan sê die samelewing sal gemilitariseer word en demokrasie sal wegval as gevegte in die streek nie onmiddellik gestaak word nie. Volgens hulle het die oorlog ook die fondamente van die burgerlike samelewing ontwortel. Die groepe het kragte saamgesnoer onder die tema: “Die burgerlike front vir die beëindiging van die oorlog en die herstel van demokrasie” om die land terug te keer na burgerlike bestuur. Die groep sê dat die oorlog onmiddellik gestaak word en dringende humanitêre, mediese en openbare diensbehoeftes aan burgers in die geaffekteerde gebiede moet voorsien word. Meer as 500 mense en amper 5 000 burgerlikes is tot dusver in die konflik, wat meer as twee weke duur, dood.