Gevegte in Soedan duur voort

Gevegte tussen strydende magte in Soedan gaan vandag vir ‘n derde dag voort, ondanks ‘n kort skietstilstand Sondag. Regeringsmagte en paramilitêre groepe veg om beheer van dele van die hoofstad, Khartoem, terwyl samesprekings tussen politieke groepe oor ‘n oorgangsregering plaasvind. ‘n Dokters-vakbond sê bykans ‘n 100 mense is reeds in die gevegte dood en honderde is ook beseer. Die slagoffers sluit drie personeellede van die Verenigde Nasies se Wêreld-voedselprogram in. Die program het intussen sy werksaamhede in Soedan opgeskort.