Gevegte breek uit in Soedannese hoofstad

Vandag is as ‘n vakansiedag in Khartoem-staat vir Sondag verklaar, wat skole, banke en regeringskantore gesluit het. Swaar geweervuur is in die Soedannese hoofstad, Khartoem gehoor waar gevegte glo uitgebreek het tussen die weermag en ‘n paramilitêre groep. Skote is gehoor in die middestad naby die weermag se hoofkwartier en die kantore van die ministerie van verdediging. Volgens ‘n Soedannese doktersgroep is minstens 25 mense dood en 183 gewond. Die paramilitêre groep beweer dat hy beslag gelê het op die presidensiële paleis, weermaghoof se woning, staats-televisiestasie en lughawens in Khartoem, die noordelike stad Merowe, El Fasher en Wes-Darfoer-staat. Die weermag het dié bewerings verwerp.