Gevange Indiese opposisieleier kry borgtog vir verkiesingsveldtog
Die Indiese opposisieleier, Arvind Kejriwal, is tydelik borgtog toegestaan om aan die land se voortgesette algemene verkiesing te kan deelneem, maar hy sal hom weer op 2 Junie moet oorgee. Kejriwal, die premier van Delhi, en leier van die Aam Aadmi-party, word sedert Maart aangehou toe hy weens aanklagte van geldwassery in hegtenis geneem is. Hy hou vol sy arrestasie en aanhouding is polities gemotiveerd om hom te verhoed om aan die verkiesing deel te neem wat in April begin het en tot Junie duur.