Gevalle van Omikron in Skotland hou geen verband met SA

Sommige van die enkele gevalle van die Covid-19 Omikron variant in Skotland, hou geen verband met Suid-Afrika nie. Die Verenigde Koninkryk was die eerste land wat die reisbeperking na Suid-Afrika en naburige lande heringestel het, nadat Suid-Afrikaanse wetenskaplikes aangekondig het die variant is die vorige dag geïdentifiseer. Die Skotse eerste minister, Nicola Sturgeon, het toegegee sommige van die pasiënte het nie ‘n reisgeskiedenis, of enige ander verbintenis met Suidelike Afrika nie. Sy sê dit is moontlik dat daar reeds gemeenskapsoordrag van Omikron in die streek is.