Gevaarlike reddingsending om Pakistanse kinders uit kabelkarretjie te red

‘n Reddingsending wat as uiters gevaarlik beskryf word, is in Pakistan aan die gang om ses kinders en twee onderwysers te red wat vasgekeer is in ‘n kabelkarretjie 274 meter bo ‘n skeurkloof. Die waarnemende premier, Anwaar-ul-Haq Kakar, het beveel ‘n helikopter moet gestuur word om reddingswerkers te help om die groep te probeer red. ‘n Kabel het gebreek aan die toestel waarmee plaaslike inwoners die afstand na skole en werk verkort. Kakar het ook die owerhede beveel om die veiligheid van alle privaat kabelkarretjies na te gaan.